Local NewsNews

Kierieklapper: ‘n suksesvolle hoogtepunt

BY DIE Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes is daar vanjaar ingeklim om al die bejaardes wat hulp nodig gehad het te help

BY DIE Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes is daar vanjaar ingeklim om al die bejaardes wat hulp nodig gehad het te help, sê Estelle Hartzenberg, bestuurder van dié sentrum in Dudu Madisharylaan.

Die sentrum se kalender was propvol bedrywighede en nuwe lede is hartlik verwelkom. Sy is dankbaar vir die gemeenskap van Mokopane se hulp en ondersteuning.

Een van die groot hoogtepunte van die jaar was die Kierieklapper Kunstefees wat alle verwagtinge oortref het en die beste fees was wat nog aangebied is. Daar word al klaar uitgesien om aanstaande jaar voort te bou op die uitbreiding van die fees.

“Ons is baie dankbaar teenoor Mecurius Motors van Polokwane wat die Mercedes Sprinter aan ons geskenk het vir ‘n jaar. Die bejaardes is baie opgewonde om fondse te begin insamel om hierdie voertuig na ‘n jaar aan te koop. Dit gaan een van ons groot pogings vir 2015 wees.”

Hartzenberg, haar personeel en die diensentrumlede wens al Bosveld se lesers ‘n geseënde Kersfees toe met mooi wense vir ‘n voorspoedig 2015.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button