Resep: Gebraaide lamsboud met kruie
Geniet jou familie die tradisionele lamsboud op Kersdag?
Geniet jou familie die tradisionele lamsboud op Kersdag?
Hier is ‘n uithalerresep, indien jy nog nie een het nie.
2 kg ontbeende lamsboud
sout en varsgemaalde swartpeper
50 m fyngekapte pietersielie
30 m fyngekapte kruisement
15 m fyngekapte salie
10 m vars tiemie
10 m vars roosmaryn
30 m vars geskeurde basiliekruid
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 m vars uitgedrukte suurlemoensap
10 m olyfolie
350 m pinot noir
Vryf die vleis in met sout en peper.
Meng al die droë bestanddele vir die vulsel en smeer dit oor die boud.
Rol die boud op en bind dit met tou vas.
Sprinkel die suurlemoensap en olyfolie oor die vleis.
Braai die vleis in die oond by 200°C in ‘n braaipan wat gespuit is. Braai vir 20 minute.
Gooi die wyn in die braaipan en gooi 125m water by, bedek met foelie en bak by 180°C vir 1 uur en 30 minute.
Verwyder die vleis uit die pan en hou warm.
Gooi die vloeistof in ‘n kastrol en kook tot dit met die helfte verminder het.
Bedien as ‘n sous saam met die vleis.
Die resep is genoeg vir agt persone.