NewsSchools

Laerskool Pietersburg verwelkom ‘n nuwe klas gr. R’e vir ‘n nuwe jaar

Vir die nuwe gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg (Suidskool) wat volgende jaar by die skool gaan aansluit, was die opwinding baie groot toe hulle onlangs by die skool besoek afgelê het.

POLOKWANE – Vir die nuwe gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg (Suidskool) wat volgende jaar by die skool gaan aansluit, was die opwinding baie groot toe hulle onlangs by die skool besoek afgelê het.

Skoolhoof Peet Bredenkamp het die voornemende gr. R-leerders genooi om verlede Vrydag by die skool te kom kuier en ‘n voor-smakie te kry van wat hulle te wagte kan wees.

Vanjaar se gr. R-leerders het volgende jaar se groep en hul ouers vermaak met ‘n konsert om vir die ouers te wys hoeveel leerders in hul eerste jaar by Suidskool kan leer en groei.

Bredenkamp het verduidelik hoe belangrik die rol is wat ouers in die vorde-ring van hul kinders op skool speel en hoe ouers se gesindheid ‘n reuse verskil kan maak in hul kinders se sukses.

Na die inligtinsessie het die leerders hulle nuwe klasse gaan verken en elkeen het ‘n springtou en ‘n roomys by hul nuwe onderwysers gekry.

“Dit is baie moeilik om die regte skool te kies vir jou kind. Tye het baie ver-ander en die akademiese standaarde van skole is nie meer dieselfde as toe ons op skool was nie.

“Vandag kan ‘n skool jou kind maak of breek,” het Juanita Krone, ma van ‘n voornemende gr. R, gesê.

“Ek is baie opgewonde vir die geleenthede wat my kind hier sal kry, maar ek is ook vreesbevange dat ek gaan foute maak.

“Die leiding wat ons vandag hier gekry het maak dit vir my baie makliker. Ek kan sien ek is nie alleen in hierdie ding nie.

“Ek sien uit na ‘n lang pad saam met Suidskool.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button