Local NewsNews

Kinders en ouers se opinies oor sakgeld

Review gesels met kinders en ouers van Polokwane om te hoor hoeveel sakgeld die kinders kry en wat hulle daarmee moet doen.

POLOKWANE РOp een of ander stadium in elke mens se lewe moet jy leer hoe om verantwoordelik met geld te werk en di̩ les begin dikwels in die ouerhuis.

Review gesels met kinders en ouers van Polokwane om te hoor hoeveel sakgeld die kinders kry en wat hulle daarmee moet doen.

Letitia Manamela.
Letitia Manamela.

Letitia Manamela het twee kinders van nege en 15 jaar oud.

Sy vertel dat beide haar kinders R300 elke maand kry waarmee hulle by die skool vir hulle eetgoed moet koop.

“Ek koop vir hulle klere en toiletware, maar as hulle goed van die snoepie af wil hê, moet hulle dit self koop.”

Chaunté du Bruyn.
Chaunté du Bruyn.

Chaunté du Bruyn is in gr. 7 en vertel haar ouers gee vir haar R1 000 sakgeld elke maand.

“Dit moet ek dan gebruik wanneer ek en my sussie na winkelsentrums toe gaan. Ons gaan eet gewoonlik by ‘n seekoswinkel en dan gaan koop ek vir my klere. Ek moet ook vir my maatjies geskenke koop met die geld. Ek spaar ook nou om my selfoon, wat gebreek het, te laat regmaak.”

Mia Schulenburg.
Mia Schulenburg.

Mia Shulenburg is ook in gr. 7 en vertel dat sy R50 elke maand kry en alles spaar.

Haar ouers koop vir haar al haar klere en ander goed wat sy nodig het en dus kan sy al haar sakgeld spaar.

Benedictor Marutla.
Benedictor Marutla.

“Ek het drie kinders van 23, 16 en sewe jaar. Die 23-jarige kry R1 000 per maand waarmee hy al sy toiletware moet koop. My middelkind kry R350 en die jongste R30 wat hulle by die skool kan spandeer,” vertel Benedictor Marutla.

Zanri Vorster.
Zanri Vorster.

Zanri Vorster, ook in gr. 7, kry tussen R200 en R400 per maand waarmee sy dan skoolbehoeftes en klere moet koop.

“Ook moet sy self betaal as sy en haar vriendinne gaan fliek of kegelspel (ten pin bowling) speel.

Cara Coetzee.
Cara Coetzee.

Gr. 7-leerder Cara Coetzee kry ook R50 elke maand wat sy spaar. Sy gebruik dié geld ook wanneer sy saam met vriende gaan kuier.

“My ma koop vir my klere en alles wat ek nodig het,” sê sy.

Simoné Nel.
Simoné Nel.

“Ek kry R200 per maand wat ek spaar. My ma koop vir my alles wat ek nodig het,” vertel Simoné Nel, wat ook in gr. 7 is.

Ronél Meintjies.
Ronél Meintjies.

Ronél Meintjies is ‘n ma van vier en vertel dat haar kinders, tussen die ouderdomme van 18 en 13, elk R200 per maand kry.

“Dit is hulle geld waarmee hulle kan maak net wat hulle wil,” verduidelik sy.

Zuleike Visser.
Zuleike Visser.

Zuleike Visser is in gr. 4 en kry R500 sakgeld elke maand.

“My ma koop vir my alles wat ek nodig het en ek kan al my geld spaar,” sê sy.

Carla le Roux.
Carla le Roux.

Haar maat, Carla le Roux, is ook in gr. 4 en kry R100 elke maand wat sy ook spaar aangesien haar ouers sorg dat sy alles het wat sy nodig het.

Related Articles

Back to top button