Local NewsNews

Hulde aan ‘n gevalle staatsman

DIE ATKV het met leedwese verneem van die afsterwe van Nelson Mandela, of Madiba, soos die wêreld na die eerste demokratiese verkose swart president van Suid-Afrika verwys.

DIE ATKV het met leedwese verneem van die afsterwe van Nelson Mandela, of Madiba, soos die wêreld na die eerste demokratiese verkose swart president van Suid-Afrika verwys.

Die organisasie sê Mandela het ‘n besondere verhouding met Afrikaans gehad. As kind op die platteland in die Transkei het hy dit nooit gehoor nie, maar in sy 27 jaar in die tronk is hy

daagliks daarmee gekonfronteer. Hy moes dit ook verstaan en gebruik tydens die ingewikkelde onderhandelings vir ’n nuwe Suid-Afrika. “Ons wil hom vandag daarvoor huldig dat hy,

in sy termyn as president en in sy hoedanigheid as leier van die nuwe Suid-Afrika, nooit toegelaat het dat persoonlike bitterheid demokrasie ondermyn nie, ook nie as dit by taal kom nie.

Ons wil dankie sê dat hy die moeite gedoen het om Afrikaans en Afrikaanssprekendes as deel van Afrika te beskou. Hy het Afrikaners nie net as deel van die apartheidsverlede van Suid-Afrika

gesien nie, maar ook as deel van die toekoms en die oplossing vir die land se probleme,” sê ATKV besturende direkteur, Japie Gouws.

“In Suid-Afrika, waar nasiebou so belangrik is, het ons mense soos Mandela nodig. Hy het in ‘n baie kort tyd grense en persepsies, soos dat ons nie saam kan bestaan nie, verskuif.

Hy sal vir altyd deur alle Suid-Afrikaners en deur die hele wêreld onthou word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button