Local NewsNews

Rugby-legende het erge beserings opgedoen toe kapers hom met klippe gooi

n Bekende oud-rugbyspeler het erge beserings opgedoen toe ses mans hom in Waterkloof probeer kaap het.

ā€˜n Bekende oud-rugbyspeler het erge beserings opgedoen toe ses mans hom in Waterkloof probeer kaap het.

Die oud-Springbokrugbylegende Hannes Strydom (49) is in die hoĆ«sorgeenheid van ā€˜n Pretoriase hospitaal met ā€˜n gekraakte skedel opgeneem nĆ” ses kapers sy voertuig Maandag in Waterkloof met klippe bestook het en hy teen sy kop getref is.

Hy is ook deur een van die kapers met ā€˜n skroewedraaier gesteek.

Riaan van Zyl, familiewoordvoerder, het Dinsdag aan Rekord gesĆŖ Strydom was Maandagmiddag omstreeks 16:00 van Groenkloof op pad na Irene toe twee mans voor hom in die pad naby die Waterkloof-golfbaan spring en maak asof daar iets in die pad was.

Strydom het stadiger gery sodat hy nie die twee mans met sy Toyota Prado tref nie.

ā€œDie mans het ā€˜n klip byna so groot soos ā€˜n baksteen na die voertuig gegooi in ā€˜n poging om die ruit te breek. ā€˜n Tweede baksteen het gevolg, deur die passassiersruit gevlieg en Hannes hard teen die kop getref,ā€ sĆŖ Van Zyl.

ā€œVier ander kapers het uit die bosse gespring en een van hulle het saam met Hannes in die voertuig gespring en sy sleutels probeer gryp.ā€

Van Zyl sĆŖ Strydom, wat in daardie stadium half bewusteloos was, het terugbaklei en die kaper ā€˜n paar keer met die vuis bygedam.

Die mans het vermoedelik geskrik en gevlug. Hulle het die sleutels gesteel, maar die voertuig met Strydom daarin net daar gelos.

Van Zyl het op ā€˜n bebloede Strydom afgekom na diĆ© hom gebel het en hom na die hospitaal gehaas.

Strydom se skedel is van die boonste punt van sy kop tot by sy neus gekraak. Volgens Van Zyl sal hy later plastiese sjirurgie moet ondergaan om die groot kopwond te herstel.

ā€œHy is gelukkig stabiel en die neurosjirurg is gelukkig met sy vordering,ā€ sĆŖ Van Zyl. ā€œOns verwag dat hy teen vanmiddag (Dinsdag) uit die hoĆ«sorgeenheid na ā€˜n gewone saal geskuif sal word.ā€

Strydom het as Springbokslotslot in die 1995-rugbywĆŖreld uitgedraf. Hy het 21 toetswedstryde vir die Springbokke gespeel en is die enigste oud-rugbyspeler in diĆ© span wat nog in Pretoria woon.

 

Vir opvolgĀ  www.rekordeast.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button