Skoolvoedingskemas moet verbeter word

Helpende Hand sal vroeg volgende jaar 'n navorsingsverslag bekendstel met bevindinge van wat Suid-Afrikaanse kleuters daagliks eet, die tekortkominge van die diëet en die impak van hierdie onvoldoende voeding op 'n kleuter se ontwikkeling en daaglikse prestasie.

MOKPANE – NA aanleiding van die beweerde swak standaard van staatsvoe-dingskemas wat by skole in Limpopo ervaar word wil Solidariteit Helpende Hand die departement van basiese onderwys ten sterkste aanmoedig om dringend skolevoedingskemas landswyd deeglik te hersien.

Helpende Hand sal vroeg volgende jaar ‘n navorsingsverslag bekendstel met bevindinge van wat Suid-Afrikaanse kleuters daagliks eet, die tekortkominge van die diëet en die impak van hierdie onvoldoende voeding op ‘n kleuter se ontwikkeling en daag-likse prestasie.

Die bekende nasionale navorsingsgroep MarkData is tans saam met Helpende Hand besig met uitgebreide navorsing.

Die navorsing gaan oor die kwaliteit en kwantiteit van voe-ding onder behoeftige kleuters.

Deur middel van die kombinasie van die navorsingsverslag sowel as die insette van spesialiste soos ‘n diëetkundige en ‘n internis, gaan Helpende Hand se 2015-Kosblikkieprojek poog om die voeding wat aan kleuters verskaf word, selfs verder te verbeter.

Helpende Hand voed jaarliks duisende kleuters regoor die land deur middel van die organisasie se nasionale Kosblikkieprojek en sal in die volgende vier jaar om en by R8 miljoen aan kleutervoeding spandeer.

Hierdie voeding is reeds op die aanbevelings van kenners gebaseer en sal vanaf 2015 optimaal aangepas word na aanleiding van die bogenoemde verslag.

“‘n Suksesvolle skoolloopbaan is van kardinale belang in die stryd om armoede te verbreek of te voorkom en geen kind kan akademiese sukses behaal as hy of sy dit elke dag met ‘n honger maag moet doen nie,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

“Deur onvoldoende of geen voeding aan behoeftige kinders te verskaf, speel die staat nie net met hierdie kinders se lewens-kwaliteit nie, maar ook met hulle toekoms.

“Dit is noodsaaklik dat die kwaliteit van die staat se voedingskemas dringend ondersoek, aangepas en gemonitor moet word. Helpende Hand nooi die departement uit om in gesprek te tree sodat die sukses van ons skolevoedingskemas ook by die skole wat deur hulle gediens word, gedupliseer kan word,” sê Brink.

Exit mobile version