Sakekamer wil ingryp en beredder

DIE Mokopane Sakekamer het gesê hulle is erg bekommerd oor die oproer by die Mogalakwena Munisipaliteit.

MOKOPANE – DIE Mokopane Sakekamer het gesê hulle is erg bekommerd oor die oproer by die Mogalakwena Munisipaliteit.

Die sakekamerbestuur het Dinsdag ‘n dringende vergadering gehou om die kwessie te bespreek.

Daar is besluit om versoeke aan die AHI en SACCI te stuur om op nasionale vlak te poog om die situasie te ontlont en te beredder sodat dienslewering en vrede na die dorp kan terugkeer.

Dit volg nadat die sakekamer verlede week sy kommer uitgespreek het oor die chaos wat moontlik toekomstige beleggingsgeleenthede in die wiele kan ry. ‘n Vergadering is toe met kapt. Tlou Mofya en konst. Irene Masingivan die Mokopane polisie gehou waar daar gekyk is na voorvalle wat die dorp se reputasie aantas as ‘n veilige plek om in te belê. Intussen het DA-raadslid, Korny Dekker, aangebied om die inwoners wat nog nie hul munisipale rekeninge gekry het nie te help.

Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hom te kontak. Hy sal self die rekeninge gaan afhaal. Dekker kan by 082 878 1502 gekontak word.

Exit mobile version