PEPPS groet hul juffrou Alta

NA 40 jaar in die onderwys, 16 jaar daarvan as staatmaker, kollega en vriendin by PEPPS Mokopane, lê Alta Elmes einde vanjaar die tuig neer as onderwyser.

MOKPANE – NA 40 jaar in die onderwys, 16 jaar daarvan as staatmaker, kollega en vriendin by PEPPS Mokopane, lê Alta Elmes einde vanjaar die tuig neer as onderwyser.

Alta en haar man Martiens, ‘n onderwyser by die Laerskool Krugerpark, verhuis aan die einde van die jaar na Kameeldrift in Pretoria, om onder andere nader aan hulle kinders te wees.

Dit is vanselfsprekend dat Alta waarlik ‘n voorbeeld vir diegene om haar is en ‘n aanwins vir die skool met haar onberispelike netheid en dissipline is.

“Totsiens sê altyd swaar! Ons wens jou ‘n vreugdevolle aftrede toe. Mag God jou en jou geliefdes seën in die jare vorentoe,” is die goeie wense van kollegas, leerders en ouers van PEPPS Mokopane.

Exit mobile version