Local NewsNews

Onnie en ook berader is sý

Carla de Jager is 'n sielkundige berader wat gedryf word deur haar liefde vir mense.

POLOKWANE – Carla de Jager is ‘n sielkundige berader wat gedryf word deur haar liefde vir mense.

Carla is die dogter van bekende Polokwane-prokureur, Louwrens de Jager. Haar ma, Karin, is ‘n onderwyser.

Sy het aanvanklik nie beplan om ‘n berader te word nie en het na skool biologiese wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer.

“In my tweede jaar op universiteit het ek oorgeskakel en sielkunde begin studeer. Later het ek my honneursgraad in sielkunde behaal,” vertel sy.

Carla verduidelik dat daar ‘n verskil is tussen ‘n sielkundige en ‘n sielkundige berader.

“Sielkundiges werk stap-vir-stap, terwyl ek meer betrokke is by die emosionele sy van die mense wat ek help.

“Ek praat ook nie van pasiënte nie, maar van kliënte. Ek doen geestelike berading en verwys my kliënte na sielkundiges of psigiaters wanneer hulle meer gespesialiseerde hulp nodig het,” sê sy.

Sy werk dikwels met kinders, veral kinders wie se ouers besig is om te skei, en haar jongste kliënt is vyf-jaar-oud.

“Ek werk met mense wat depressief is of deur trauma gegaan het.

“Ek help ook mense met huweliksprobleme en mishandelde vroue, veral vroue wat onder emosionele mishandeling gebuk gaan. My passie is egter om met tieners te werk.”

Carla is ook ‘n onderwy-ser by Laerskool Pietersburg-Oos en sê haar beroep maak haar werk as berader makliker.

Berading neem egter sy tol op haar.

“Ek probeer om nie meer as vier kliënte per dag te sien nie, want dit is emosioneel dreinerende werk,” sê sy.

Sy vertel sy het altyd gesê sy sal nooit ‘n onderwyser of sielkundige wou wees nie en nou beoefen sy beide be-roepe.

Haar stokperdjie is mu-siek en sang en sy het onlangs gehelp om die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, waar sy vroeër hoofmeisie was, se revue af te rig.

Related Articles

Back to top button