Familie sê dankie

IT vat aan 'n mens se hart wanneer jy jou dogter, skoonseun en kleindogter op een slag in 'n ongeluk verloor, sê Marie Miller ná die noodlottige ongeluk in Oktober wat die lewe van Frik, Thea en Inamari Roodt van Mokopane geëis het.

MOKOPANE – DIT vat aan ‘n mens se hart wanneer jy jou dogter, skoonseun en kleindogter op een slag in ‘n ongeluk verloor, sê Marie Miller ná die noodlottige ongeluk in Oktober wat die lewe van Frik, Thea en Inamari Roodt van Mokopane geëis het.

Net klein Martin (2) het die ongeluk oorleef.

Die egpaar en hul twee kinders was oppad na ‘n troue in Pretoria toe hulle in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was op die N1-suid by die Hammanskraal-afrit. Frik en Thea is op slag dood en Inamari in die hospitaal.

Miller sê dit gaan goed met Martin wat deesdae in Polokwane by sy oom en tannie woon.

“Hy kom elke tweede naweek vir ons kuier.”

Miller het dié brief by Bosveld se kantore kom aflewer:

“Namens die Miller en Coetzee families wil ons graag die gemeenskap bedank vir al hul ondersteuning en gebede na die afsterwe van ons kinders.

Ons dank gaan aan Rump & Ocean vir hulle groot bydrae met die begrafnis, ook aan die Tafelronde en Gawie Brits.

‘n Spesiale dankie aan André en Carin de Lange van Martins Begrafnisdien-ste dat julle alles so wonderlik hanteer het en vir die skenking van Inamari se kis. Almal wat eetgoed geskenk het, baie dankie.

Ons bedank ook die mense wat op die ongelukstoneel die kinders bygestaan het. Julle sal nie besef hoe ons dit waardeer nie. Aan al die werkers van Fruit & Veg en Rump & Ocean ‘n groot dankie vir al die jare wat Thea daar kon werk.

Dankie vir die kleuterskool, Speelparadys, waar die personeel so lief was vir Inamari. ‘n Groot dankie aan dr. Geerkens vir mediesesorg en die inspuitings wat Martin moes kry. Hy sal weer kom inloer.

Ons sê ook dankie vir die Pinkster Protestante Kerk waar Thea en die kinders altyd tuisgevoel het, so ook vir familie en vriende wat ons deur die moeilike tyd gedra het.”

Exit mobile version