Local NewsNews

My Darling-gemeente sê baie dankie

Verlede Saterdag het 'n groep gemeentelede van die A.G.S. Kerk in My Darling in Polokwane by Reggies Kwekery gaan inloer om dankie te sê vir al die hulp

POLOKWANE – In die noorde van Limpopo se Capricorn-distrik, sowat 155km van Polokwane, lê ‘n klein dorpie genaamd My Darling.

Verlede Saterdag het ‘n groep gemeentelede van die A.G.S. Kerk in My Darling in Polokwane by Reggies Kwekery gaan inloer om dankie te sê vir al die hulp wat hulle van die eienaars van hierdie kwekery asook ander weldoeners kry.

Hulle het ‘n bus gehuur en pragtige tradisionele drag aangetrek om vir hul weldoeners te gaan kuier.

Toela Lambrechts, eie-naar van Reggies Kwekery, het gesê hy het ‘n tyd gelede by hierdie gemeente betrokke geraak toe hy deel was van ‘n groep mense wat ‘n kerk-orrel aan die My Darling-gemeente geskenk het.

“Ek het kontak met die gemeente behou en gehelp om vir hulle ‘n kerkgebou te bou met die hulp van ander weldoeners,” het hy vertel.

Tommy en Charlotte Liversage, inwoners van Polo-kwane, het ook betrokke geraak by hierdie gemeente en organiseer gereeld uitreike na die mense van My Darling waar hulle klere en kos uitdeel.

Toela het vertel dat Melville Botha van Sent 2 Serve Ministries ook gereeld skenkings by hom aflewer en hy maak dan seker dat hierdie skenkings by die gemeente in My Darling afgelewer word.

“Tydens die gemeentelede se besoek aan Reggies Kwe-kery het almal saam ontbyt geëet en gekuier.

“Na die bedankingstoesprake het hulle die kuier afgesluit met ‘n snytjie koek en elke besoeker het ook ‘n plantjie as aandenking gekry,” het Toela gesê.

Melville het ook klere en 80kg mieliemeel aan die se-niorburgers van die gemeente geskenk.

Related Articles

Back to top button