NewsSchools

Entrepreneurs se geldplanne

Laerskool Pietersburg-Oos se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydag sakke vol geld gemaak tydens die skool se entrepreneursdag.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydag sakke vol geld gemaak tydens die skool se entrepreneursdag.

“Ek wil die geld wat ek maak spaar vir ‘n selfoon,” het Desiree Swanepoel, ‘n gr. 4-leerder wat saam met haar vriendin, Elandri van Tonder, pizza-skywe verkoop het, vertel.

Die meeste van die sakemanne en -vroue het saamgestem dat hulle die geld wat hul maak vir ‘n selfoon of ‘n nuwe paar skoene wou gebruik.

Die leerders het vele produkte, van speelgoed en springmielie-handskoene tot soetgoed,verkoop en verseker baie geleer oor die gees van entrepreneurskap.

Related Articles

Back to top button