Snorre vir ‘n goeie doel

Review het met leerders van Akademie Reformia gepraat om te hoor of hulle eendag, wanneer hulle ouer is, snorre sal groei vir die Movember-inisiatief.

POLOKWANE – In November val die kollig wêreldwyd op mans se gesondheid danksy die Movember-bewusmakingsveldtog.

Movember daag mans uit om snorre te groei in November en dan oor kankers wat mans raak soos prostaat- en testikulêre kanker.

Review het met leerders van Akademie Reformia gepraat om te hoor of hulle eendag, wanneer hulle ouer is, snorre sal groei vir die Movember-inisiatief.

Diederik Britz.

Diederik Britz, in gr. 4, het gesê hy sal beslis ‘n snor groei waneer hy oud genoeg is, nie net in November nie, maar sommer heeljaar lank.

“Ek wil ‘n snor van 15cm groei, die snor elke week knip om dit netjies te hou en dit was wanneer dit vuil raak. Ek sal ook Movember ondersteun, want dit is aaklik om aan kanker te ly en ek sal graag wil help,” het hy gesê.

Anrich Enslin.

Anrich Enslin, ook in gr. 4, het gesê hy hou niks van snorre nie, maar sal dit oorweeg om een te groei vir ‘n goeie doel.

“My pa en oom het snorre en baarde. As ek wel eendag ‘n snor vir Movember groei, sal ek nie ‘n lang snor kweek nie.”

Hendrik Grimbeek.

Hendrik Grimbeek, ‘n gr, 4-leerder, het verduidelik dat die Movember-inisiatief ‘n goeie manier is om bewusmaking te skep en fondse vir Kansa in te samel.

Hy was egter nie oortuig dat hy self so ‘n snor sal wil kweek nie.

“My oupa het ‘n snor, maar ek weet nie of ek een sal wil laat groei nie,” het hy gesê.

Driaan van Staden.

Nog ‘n gr. 4-leerder, Driaan van Staden, het dit duidelik gemaak dat snorre nie vir hom is nie.

“Dit lyk snaaks en sal my kielie,” het hy gesê. Hy het egter toegegee dat hy wel ‘n snor vir ‘n goeie doel sal kweek, maar “dan moet dit ‘n klein snor wees”.

“Ek sal my snor elke dag was en kam en netjies hou,” het hy verduidelik.

Macayla Thompson.

Macayla Thompson, in gr. 3, het gesê sy sal daarvan hou as haar man eendag ‘n snor kweek.

“Ek hou van die klein Franse snorre wat so krul. Ek hou nie van ‘n snor wat die hele gesig vol is nie,” het sy gesê.

Simoné Erasmus, ook in gr. 3, het gesê sy sal haar man beslis eendag aanmoedig om die Movember-initiatief te ondersteun.

“‘n Mens kan só ‘n verskil maak en mense wat aan kanker ly help,” het sy verduidelik.

Exit mobile version