Louis Trichardt-man se dood ‘n skok

Tinus Oosthuyse (27) sal onthou word as die man wat lief was vir jag en vir motorfietsry.

LOUIS TRICHARDT – Tinus Oosthuyse (27) sal onthou word as die man wat lief was vir jag en vir motorfietsry.

Dit is volgens sy tweelingsuster, Chantelle Hussain wat met Review gepraat het kort na sy dood verlede Woensdag.

“Tinus se dood is baie moeilik. Ons vat dit baie swaar en sukkel met die verlies van so ‘n wonderlike mens,” het sy gesê.

“Elke sekonde van elke dag saam met hom was vir ons ‘n wonderwerk gewees. Ons mis hom so ongelooflik baie al weet ons dat hy nou sag rus op ons Here se skoot. Sy verlies op aarde is ‘n aanwins vir die Engele in die Hemel.”

Chantelle het verder gesê sy wens sy kon nog net een keer weer met haar broer praat.

Tinus laat Chantelle, ouer broer Martin en sy ouers Carol en Inus agter. Sy begrafnis sal vandag (Donderdag) om 11:00 vanuit die N.G. Kerk Louis Trichardt plaasvind.

Exit mobile version