Hof sit voet neer oor waterkrisis

Mookgophong Munisipaliteit vandeesweek in die Noord-Gauteng hooggeregshof gelas is om water aan die gemeenskap te voorsien, glo hy nie dit is die oplossing nie, sê Hercules Louw, Demokratiese Alliansie raadslid van die dorp.

MOKOPANE – HOEWEL die Mookgophong Munisipaliteit vandeesweek in die Noord-Gauteng hooggeregshof gelas is om water aan die gemeenskap te voorsien, glo hy nie dit is die oplossing nie, sê Hercules Louw, Demokratiese Alliansie raadslid van die dorp.

Louw sê die munisipaliteit het ernstige finansiële probleme en ‘n mens moet jouself vra waar gaan hulle die geld kry om die hofbevel te kan eerbiedig. Die munisipaliteit het ‘n utistaande krediteurerekening van sowat R 31 miljoen en ‘n uitstaande debiteurerekening van meer as R 43 miljoen. Die hofbevel is deur die burgeregte-organisasie, AfriForum, aanhangig gemaak nadat watervoorsiening in die dorp feitlik tot stilstand gekom het. Die dorp en sy gemeenskap moes vanjaar al vir meer as 900 ure sonder water funksioneer.

AfriForum sê in ‘n verklaring die hofbevel is ‘n groot oorwinning vir die dorp en dien as meganisme om die munisipaliteit tot verantwoording te roep.

“Dit is ons prioriteit om te verseker dat inwoners water kry.”

Die bevel bepaal ook dat die gemeenskap in kennis gestel moet word indien daar instandhouding aan pype in die pyplyn is of wanneer die water na die dorp afgesny gaan word. Dit bied vir die inwoners die geleentheid om planne in plek te kry,” sê Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak.

“Die bevel het dit duidelik gemaak dat onmiddellike ingryping moet plaasvind. AfriForum sal as burgerregtewaghond op ons pos bly om toe te sien dat die grondwetlike regte van landsburgers seëvier,” sê Morné Mostert, AfriForum se provinsiale koördineerder in Limpopo.

Indien die hofbevel nie deur die partye deurgevoer word nie, sal hulle skuldig wees aan minagting van die hof.

‘n Betroubare bron wat by die munisipaliteit werk, het aan Bosveld gesê die tegniese instandhouding het oor die jare agterweë gebly. Hierdie probleem sal dringend aangespreek moet word, hoewel daar nie sente is om rond te gooi nie.

“Dit is nie ‘n ‘asprispoging’ van die munisipaliteit om met tye nie water te voorsien nie. Alles moontlik word gedoen omdie situasie te beredder. Die hofbevel sal dringend bestudeer word en die munisipale bestuurder sal moet toesien dat ‘n volhoubaarheidsplan in werking gestel word.”

Sluit by AfriForum aan om waterdienslewering af te dwing. SMS “water” na 45340. R1/SMS.

Exit mobile version