NewsSchools

Zouties beloon na ‘n goeie jaar

Die CVO-skool Zoutpansberg het verlede Donderdag hul jaarlikse prysuitdeling aangebied.

LOUIS TRICHARDT – Die CVO-skool Zoutpansberg het verlede Donderdag hul jaarlikse prysuitdeling aangebied.

Waarnemende skoolhoof, Jonelle Booysen, het die verrigtinge geopen en die leerders bedank vir hulle harde werk deur die jaar. Sy het ook ‘n woord van dank gehad aan die ouers wat soveel vir die skool beteken.

Booysen het al die onderwysers en opvoedingsraad bedank vir die organisering van die prysuitdeling en alles wat daarmee gepaardgaan.

Trofeëwenners:

• Staatmaker van die jaar, Charl Bloem.

• Laerskool Zoutie van die jaar, Jani Badenhorst.

• Hoërskool Zoutie van die jaar, Melissa Stemmet.

• Leier van die jaar, Charet Schlesinger.

• Sportseun en hokkiespeler van die jaar, Henlo Olivier.

Aan die einde van die aand het die gr. 12-leerders hulself by die skool uitgeteken en vir oulaas saam met die res van die skool en die gehoor die skoollied gesing.

Melissa Stemmet is die CVO-skool Zoutpansberg se hoërskool Zoutie van die jaar.
Melissa Stemmet is die CVO-skool Zoutpansberg se hoërskool Zoutie van die jaar.
Jani Badenhorst is die CVO-skool Zoutpansberg se laerskool Zoutie van die Jaar.
Jani Badenhorst is die CVO-skool Zoutpansberg se laerskool Zoutie van die Jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button