NewsSchools

Kleuteratletiek is pret vir ouers ook

Die gr. R-klasse van Laerskool Pietersburg-Oos het verlede Woensdag hul jaarlikse Sjokolade-atletiekbyeenkoms aangebied.

POLOKWANE – Die gr. R-klasse van Laerskool Pietersburg-Oos het verlede Woensdag hul jaarlikse Sjokolade-atletiekbyeenkoms aangebied.

Die middag is geopen met ‘n optog deur die gr. R-groep waarna hulle ‘n kreet geskree het. Daarna het hulle in hul verskeie klasse opgedeel en die middag se sportgebeure het in alle erns begin.

Die items waaraan deelgeneem was, was “hoogspring”, “gewigstoot”, skopfiets en “aflos”. Die ouers is ook by ‘n unieke aflositem betrek. Elke ouer moes sy kind in ‘n kruiwa stoot van punt A na punt B. By punt B moes die leerder ‘n opgestopte speelgoedhond optel en weer terughardloop.

Nadat elke klas geroteer het, het die leerders mini-hekkies en naellope gehardloop. Daar was ook ‘n fotohoekie waar elke leerder ‘n foto kon laat neem.

“Elke kind is ‘n wenner, daarom kry elk-een ‘n medalje en ‘n kans om op die wennerspodium te staan,” het gr. R-assistentjuffrou, Marietjie Wilkinson, vertel.

Nadat al die sportaktiwiteite afgehandel is, het die ouers en leerders heerlik saam gebraai.

Pieter Joubert van die Kameelperdklas probeer sy bes om soos 'n springbokatleet te land tydens die hoogspringitem by Oosskool se gr. R-Kleuteratletiek wat verlede Woensdag aangebied is.
Pieter Joubert van die Kameelperdklas probeer sy bes om soos ‘n springbokatleet te land tydens die hoogspringitem by Oosskool se gr. R-Kleuteratletiek wat verlede Woensdag aangebied is.
Duane Randall stoot sy seun, Juan van die Leeuklas in die kruiwa-aflositem by Oosskool se gr. R-Kleuteratletiek wat verlede Woensdag aangebied is.
Duane Randall stoot sy seun, Juan van die Leeuklas in die kruiwa-aflositem by Oosskool se gr. R-Kleuteratletiek wat verlede Woensdag aangebied is.

Foto’s

Related Articles

Back to top button