Local NewsNews

Ian Jannasch oorlede

Bekende inwoner van die stad, Ian Jannasch (81), is Dinsdagoggend na 'n kort siekbed oorlede.

POLOKWANE – Bekende inwoner van die stad, Ian Jannasch (81), is Dinsdagoggend na ‘n kort siekbed oorlede.

“Hy was baie rustig en is vreedsaam oorlede,” het sy skoondogter, Susan Jannasch, vertel.

Ian was die pa van bekende Polokwane internis, dr. Oswald Jannasch.

Hy word oorleef deur sy vrou, Lenie, ses kinders, 11 kleinkinders en vier agterkleinkinders.

Ian is die afgelope maand versorg by die Jo-Anne Rusoord nadat hy vir drie maande tuis versorg is. Die Jannasch-familie het die bestuur en personeel van hierdie ouetehuis in besonder bedank vir die goeie versorging wat hy daar ontvang het.

Ian en Lenie was 59 jaar lank getroud en het altyd hand aan hand geloop. Wanneer mense gesê het dis mooi dat hulle so lief is vir mekaar, het hy gespot en gesê dis nie die eintlike rede vir die handhouery nie, maar dat hulle hande vashou om mekaar reg-op te hou.

Lenie sê hulle is getroud “vir botter en vir wors” en dat die laaste maand die “wors” was. Die gesin het ook die lede en predikant van die Evangelies Gereformeerde Kerk asook vriende en familie vir hulle bystand gedurende hierdie tyd bedank.

Ian word Saterdag om 11:00 vanuit die Evangelies Gereformeerde Kerk in Diemeerstraat begrawe.

Related Articles

Back to top button