Local NewsNews

Boekhouer wen fotokompetisie

In Augustus en Oktober het Alma Whitehead 'n fotokompetisie, die Magoebaskloof Spring Festival-fotokompetisie, aangebied. Plaaslike amateurfotograaf, Helene Eager, kompetisiewenner gewen.

POLOKWANE – In Augustus en Oktober het Alma Whitehead ‘n fotokompetisie, die Magoebaskloof Spring Festival-fotokompetisie, aangebied.

Kategorieë:

• Beginners, Kleure van Lente in die Natuur;

• Intermediêr, Teksture van die Lente, en

• Gevorderd, Lentelandskappe.

Plaaslike amateurfotograaf, Helene Eager, het die intermediêre afdeling van hierdie kompetisie gewen.

Helena is ‘n voltydse boekhouer, maar vertel haar eintlike passie lê by fotografie.

“Ek geniet my werk, maar foto’s neem is baie lekker en ek beplan om vir my ‘n studio in te rig by my huis. Eendag in die toekoms sal ek dalk ‘n voltydse fotograaf wil wees.”

Met haar Nikon D3100 het sy al vele troues en partytjies afgeneem, maar haar gunsteling onderwerp is kinders en vroue.

Vir haar is kinders ook die maklikste onderwerp en mans die moeilikste.

So lyk die foto wat Helena Eager eerste plek besorg by die Magoebaskloof Spring Festival-fotokompetisie.
So lyk die foto wat Helena Eager eerste plek besorg by die Magoebaskloof Spring Festival-fotokompetisie.

Sy vertel dat troues harde werk is, maar dat dit heerlike werk is en dat sy dikwels langdurige verhoudings met kliënte opbou.

“Ek het een kliënt wie se troue ek afgeneem het, toe haar swangerskap-fotosessie en nou is haar kind al een jaar joud en ons is steeds vriende. Dit is wat fotografie so lekker maak. Jy ontmoet soveel mense en leer ken soveel verskillende mense.”

Helena vertel sy wou nie inskryf vir die kompetisie nie en het lank gewik en weeg voor sy tog op die ou einde ingeskryf het.

“Ek het gehoop ek sou wen, maar glad nie gedink ek sal nie. As fotograaf is jy baie krities op jou eie werk en het ‘n heel ander perspektief daarvan.”

Haar prys is twee nagte by die Coach House Hotel and Spa in Magoebaskloof.

Behalwe vir ‘n kamera is die een eienskap wat elke fotograaf volgens Helena moet hê, die regte persoonlikheid.

“Jy moet met mense kan werk en glad nie skaam wees nie.”

Related Articles

Back to top button