2 voertuie binne 30 minute uit sekuriteitskompleks gesteel

'n Lid van die Edwel buurtwag se skoonma en -suster se voertuie is uit die Amadeus-sekuriteitskompleks in Lt. Genl Gert du Toitsingel in Welgelegen gesteel.

POLOKWANE – ‘n Lid van die Edwel buurtwag se skoonma en -suster se voertuie is beide verlede Donderdagaand gesteel uit die Amadeus-sekuriteitskompleks in Lt. Genl Gert du Toitsingel in Welgelegen.

Inwoners word gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n wit VW Jetta 2, registrasie-nommer FJV961N asook ‘n wit VW Jetta Fox, met die registrasienommer BLC811L.

Die betrokke lid van die buurtwag, wat nie geïdentifiseer wil word nie, is ‘n getroue patrollielid van die buurtwag en het Donderdagaand om ongeveer 22:30 ‘n draai gaan ry in die omgewing om te patrolleer.

Hy het gevind dat die hek van die kompleks waar sy skoonma en -suster woon, oopstaan en het na sy eie huis gegaan om ‘n afstandbeheerder vir die hek te gaan haal om die hek toe te maak. Die afstandbeheerder het egter nie gewerk nie.

Volgens die Edwel-lid het die hek om 22:00 nog foutloos gewerk en hy vermoed dat die diewe moontlik tussen 22:00 en 22:30 die hekmotor buite werking gestel het sodat hull die voertuie kon steel.

Kontak die Edwel-buurtwag indien die voertuie opgemerk word word by 083 716 6173 of stuur ‘n e-pos na itstopshere.edwel@gmail.com.

Exit mobile version