Gr. R-markdag is ‘n dag vir sake

Die gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het verlede Vrydag 'n markdag aangebied waar die res van die skool kon kies en keur tussen die artikels wat te koop aangebied is.

POLOKWANE – Die gr. R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het verlede Vrydag ‘n markdag aangebied waar die res van die skool kon kies en keur tussen die artikels wat te koop aangebied is.

Hierdie markdag is aangebied om die gr. R-leerders kans te gee om hul entrepreneursgees uit te leef.

Produkte soos kondensmelkinspuitings, kolwyntjies, springmielieballe en stokwors was te koop aangebied, asook handgemaakte artikels soos juweliersware. Ook was daar twee perde waarop leerders kon ry en die “visvang” kompetisie met koeldrankbotteltjies het groot aftrek gekry.

Ouers van die gr.R-leerders het gehelp met die maak en verkoop van die produkte.

Exit mobile version