Lyk met mieliemeel besmeer – verdagte vas

Majalefa Mokoena het Maandag in die Modimolle landdroshof verskyn weens die moord op Joseph Martin De Wet Roos.

Majalefa Mokoena het Maandag in die Modimolle landdroshof verskyn weens die moord op Joseph Martin De Wet Roos.

Roos se lyk is verlede Woensdag op sy bed in ’n woonstel in Pleinstraat in Modimolle  gekry, sy lyk is met mieliemeel besmeer.

Volgens kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo kan die polisie moontlik nóg mense in hegtenis neem.

Otto het gesê sy beursie met sy bankkaarte daarin is gesteel.

Die oorsaak van sy dood sal tydens die verhoor bekend gemaak word, het Otto gesê.

Hy bly in aanhouding en sal volgende week vir borgtog aansoek doen.

Exit mobile version