Trappers beste in SA vir ‘n 3de keer

Trappers in Mall of the North is onlangs aangewys as die beste Trappers-konsessiesaak in Suid-Afrika.

POLOKWANE – Trappers in Mall of the North is onlangs aangewys as die beste Trappers-konsessiesaak in Suid-Afrika.

Daar is 30 Trappers-konsessiesake landwyd en elke jaar ding hierdie winkels mee om as beste Trappers-konsessiesaak aangewys te word.

Die winkels word beoordeel volgens die winkel se netheid, administrasie en voorraadbeheer.

Dit is die derde keer wat Pieter Olivier, eienaar van Trappers Mall of the North hierdie toekenning wen.

Olivier het die toekenning in 2004 vir eerste keer gewen en weer in 2010.

“Dit is regtig ‘n groot eer om die toekenning te wen en ons beplan om nog harder te werk sodat ons dit weer volgende jaar kan wen. Baie dankie aan my personeel en almal wat bydra tot die besigheid se sukses,” het Olivier gesê.

Die eerste Trappers-winkel in Polokwane het in 1994 by die Palmsentrum oopgemaak. Hierdie perseel word nou gebruik vir administrasie nadat Olivier die winkel na Mall of the North geskuif het.

Olivier het twee broers en elkeen besit ook hul eie Trappers-winkel. Een is in Savannah Mall en die ander in Tzaneen.

Exit mobile version