Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdagaand hul jaarlikse prysuitdeling aangebied.
Carel Aron van der Merwe wys die trofeë wat hy gekry het tydens Tom Naudé se prysuitdeling verlede Donderdag. Hy het die ATKV-prys vir prestasie in Afrikaans, die vakprys vir Afrikaans huistaal en 'n goue medalje vir 'n aka-demiese gemiddeld bo 80% in gr. 12 gekry.
POLOKWANE – Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdagaand hul jaarlikse prysuitdeling aangebied.
Monique Oelofse is as junior sportmeisie van die jaar aange-wys en Armich Lottering as ju-nior sportseun.
Joané Strauss is aangewys as sportmeisie van die jaar en Johan Nel is as sportseun van die jaar.