NewsSchools

Saamsingpret by etensuurkonsert

Die leerders van Hoërskool Pietersburg het verlede Woensdag 'n etens-uurkonsert in die skoolsaal bygewoon en dit baie geniet.

POLOKWANE – Die leerders van Hoërskool Pietersburg het verlede Woensdag ‘n etens-uurkonsert in die skoolsaal bygewoon en dit baie geniet.

Skoolhoof Willie Schoeman en bekende sanger, Will Jordan, het die leerders vermaak met goue oues, gunstelinge en moderne treffers.

Die konsert is aangebied om geld in te samel vir behoeftige leerders van die skool om die finansiële druk op hul ouers te verlig.

Die gehoor het saamgesing en wanneer hulle nie die woorde van liedjies geken het nie, het Jordan seker gemaak dat hulle uit hulle mae gelag het.

“Dit was nou groot pret. Dis lekker om te sien ons het ‘n skoolhoof wat soveel talent het en nie skaam is om dit te gebruik nie.” het Johan Minnaar, ‘n leerder, gesê.

 

Related Articles

Back to top button