Local NewsNews

Petisie teen park in Welgelegen

'n Petisie teen die nuwe munisipale speelpark in Welgelegen op die hoek van Diemeerstraat en Potgieterrylaan is aan die munisipaliteit oorhandig.

POLOKWANE – ‘n Petisie teen die nuwe munisipale speelpark in Welgelegen op die hoek van Diemeerstraat en Potgieterrylaan is aan die munisipaliteit oorhandig.

Die Edwel-buurtwag het die petisie met 110 name aan wyksraadlid Franco Marx oorhandig en hy het verlede week die inwo-ners se klagtes en voorstelle aan die munisipaliteit oorhandig en met beamtes bespreek.

Die speelpark sal R800 000 kos en die munisipaliteit beoog om die park teen Desember te open.

Daar sal ontspanningsaktiwiteite soos strandsokker en vlugbal by die speelpark beskikbaar wees, asook ‘n braai-area.

Inwoners vrees dat die speelpark dwelms, drank en geraas na hulle buurt gaan lok.

Volgens Marx is die algemene indruk van die inwoners positief aangaande die ontwikkeling, maar die klem is egter dat die negatiewe elemente uitgehou word.

“Ek kan bevestig dat ek voorlopig meegedeel is dat die sokkerpale wat naby die kerk opgerig was wel verwyder is en tydelik gestoor word.

“Ek is ook meegedeel dat die munisipaliteit dit oorweeg om die mini sokkerveld te skuif nader aan die dammetjie. Ek het klem gelĂȘ op die veiligheidsaspek van die park en daar is aan my bevestig dat na die gemeenskap se insette sal daar gekyk word na die moontlike aanstelling van ‘n sekuriteitsfirma wat die omgewing sal patroleer ten einde die druk op die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verminder,” het Marx verduidelik.

Related Articles

Back to top button