Gr. 12-spanne seëvier by Madeliefiedag

Hoërskool Pietersburg het Vrydag hul jaarlikse Madeliefiedag aangebied, net voor die begin van die gr. 12-eindeksamens.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg het Vrydag hul jaarlikse Madeliefiedag aangebied, net voor die begin van die gr. 12-eindeksamens.

Madeliefiedag is ‘n jaarlikse instelling waar spanne wat bestaan uit leerders van gr. 8 tot 11 teen gr.12-spanne deelneem in verskeie sportsoorte.

Uitslae:

• Meisieshokkie, gr.12-span wen 4-3.

• Seunshokkie, gr.12-span wen 7-1.

• Netbal, die skoolspan wen 43-17.

• Rugby, gr. 12-span wen 29-7.

• Krieket, gr. 12-span wen die wedstryd.

Exit mobile version