Local NewsNews

Dié modelle is Limpopo se trots

Vier van Modelworks Modelskool se modelle het verlede Saterdag in Edenvale aan 'n nasionale modelkompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

POLOKWANE – Vier van Modelworks Modelskool se modelle het verlede Saterdag in Edenvale aan ‘n nasionale modelkompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Nicolize Beukes, eienaar van Modelworks, het vertel dat sy trots is op die prestasies wat haar modelle tydens die Rolemodels Mzantzi Africa-kompetise behaal het.

Hierdie modelle is gekies as finaliste om in Desember aan die Ambassador nasionale kompetisie deel te neem.

Uitslae:

• Marchalize Beukes is as eerste prinses ge-kroon in die Junior Teen Miss Mzantzi Africa-afdeling;

• Shelly Gilburt is gekroon as Little Miss Mzantzi Africa in die afdeling 12 tot 14 jaar;

• Maegan Gilburt het die kroon gedra in die Pre-teen Miss Mzantzi Africa-afdeling, en

• Nicolize Beukes is as eerste prinses in die Mrs Mzantzi Africa-afdeling gekroon.

 

Related Articles

Back to top button