Local NewsNews

Kruinies bou astrobaan

'n Tweede Astroturf-hokkiebaan vir Limpopo is in aanbou by Curro Heuwelkruin en sal teen Februarie volgende jaar volooi wees.

‘n Tweede Astroturf-hokkiebaan vir Limpopo is in aanbou by Curro Heuwelkruin en sal teen Februarie volgende jaar volooi wees.

Volgens die skool se uitvoerende hoof, Eben Lingenfelder, sal alle siviele bouwerk aan die baan, insluitend die dreineringstelsel, teen Desember afgehandel wees. Daarna sal die oppervlak gelê word.

“Die Astroturf-baan is ‘n semi-wet of hybrid-baan wat beteken dat die baan in nat of droeë weerstoestande gebruik kan word,” sê hy.

“Hierie oppervlak is soortgelyk aan die oppervlak waarop die wêreldkampioenskappe gespeel word.”

Volgens Lingenfelder is EnkaFlex H Shockpad vir die baan gekies wat die beste dreinering, balhop, spelergemak en duursaamheid bied.

Verder word Greenfields HT LSR 20 ND met Tencate-garedraad teen 1 620g/m² gebruik vir hierdie baan. “Die hoëvolume-garingdraad sal optimale speeltoestande en langlewendheid van die oppervlak verseker.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button