Gr. 12 eindeksamen – sukses wag op hul

20 Oktober: vir gr. 12's die aanbreek van die eindeksamen. Review het met 'n paar leerders van die stad gesels oor hul voorbereiding en wat hulle planne vir volgende jaar is.

20 Oktober: vir gr. 12’s die aanbreek van die eindeksamen. Review het met ‘n paar leerders van die stad gesels oor hul voorbereiding en wat hulle planne vir volgende jaar is.

Luther Lebepe het ‘n studieprogram wat hy volg en hy glo hierdie eindeksamen is ‘n baie belangrike eksamen. Vir Luther is die maklikste vak meganiese ingenieurswese en die moeilikste fisiese wetenskap. “Volgende jaar wil ek regte aan die Universiteit van Johannesburg studeer.”
Kayle Bester sê hy leer baie hard vir die eindeksamen en probeer die tyd wat hy aan verskillende vakke spandeer balanseer. “Dit is die laaste stuk van 12 jaar se werk, ek kan dit nie nou opmors nie. Siviele ingenieurswese is vir my die maklikste vak en wiskunde die moeilikste.” Volgende jaar wil Kayle verder studeer by Millwright College in die Paarl.
Wessel Stone vertel dat hy vir die laaste twee weke lank al ernstig hersiening doen. “Ek werk elke middag en maak inligting bymekaar. Wetenskap is vir my die moeilikste vak en lewensoriëntering die maklikste. Volgende jaar gaan ek ‘n vakleerlingskap by ‘n motormaatskappy doen of in Italië werk,” sê hy.
Johandi Oosthuizen wil na skool onderwys studeer en vertel dat sy nie anders vir hierdie eksamen as vir voriges leer nie. Haar gunsteling vak is gasvryheidstudies, omdat “ek my huiswerk kan eet”. Sy is nie ‘n groot aanhanger van wiskunde nie omdat sy sê dis baie werk, maar sy glo dat om meer aandag aan die vakke te gee waarmee sy sukkel, haar deur die eksamen sal kry.
Shané Pieterse glo nie dat hierdie eksamen baie moeiliker gaan wees as die ander nie omdat sy reeds in haar ander eksamens hard geleer het. Haar gunsteling vakke is beslis wiskunde en rekeningkunde en sy wil graag na skool rekeningkunde gaan studeer omdat dit is waar haar passie lê.
Chantell Devenish berei haarself voor vir die eindeksamens deur baie meer tyd te spandeer aan elke vak en deur oefeninge te doen om te sorg dat sy genoeg suurstof na haar brein kry. Haar gunsteling vak is rekenaartoepas-singtegnologie, maar sy dink die moeilikste vraestel gaan biologie wees omdat daar so baie werk is om te onthou.
Michelle van Heerden doen meer opsommings vir dié eksamen as vir die voriges. Haar gunsteling vak is toerisme omdat sy ‘n passie daarvoor het. Sy is egter bietjie o
JG Swanevelder sê hy het reeds stadig maar seker begin om sy werk op te som. “My voorbereiding verskil baie van voorheen; hierdie is ‘n maak of breek eksamen. Dit tel vir 75% van die jaar se punt.” Vir JG is die moeilikste vak chemie en die maklikste is lewensoriëntering. Volgende jaar gaan hy bemarking studeer by CTU.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version