Skryf ‘n storie, skiet ‘n fliek oor jou lewe

Review het met 'n groep gr. 10-leerders gesels om te hoor of hulle graag boeke sou wou skryf, wat hulle outobiografië sal heet en wie hulle in die flieks oor hul lewens sal speel.

POLOKWANE – ‘n Gewilde gesegde lui dat elke mens ten minste een boek in hom het wat net geskryf moet word en ‘n gewilde sosiale media speletjie vra dat mens dink wat die storie van jou lewe sal heet en watter akteur jou karakter sal speel.

Review het met ‘n groep gr. 10-leerders gesels om te hoor of hulle graag boeke sou wou skryf, wat hulle outobiografië sal heet en wie hulle in die flieks oor hul lewens sal speel.

Lané Katzke.

Lané Katzke het vertel dat sy graag ‘n boek sou wou skryf, verkieslik ‘n fantasie-verhaal.

“My outobiografie se naam sal Kruispad wees en indien hulle ‘n fliek oor my lewe maak, sal AnnaSophia Robb my karakter vertolk.”

Ross Pretorius.

Ross Pretorius het net een boek wat hy wil skryf en dit is sy outobiografie.

“Die naam van hierdie boek sal dan ook The Autobiography of Ross wees.

“As daar ‘n fliek oor my gemaak sou word, sou die fliek se naam Ross wees en Brad Pitt sal my karakter vertolk.”

Bianca Jardim.

“Ek is lief vir fantasie-fiksie soos stories met vam-piere en ‘n bietjie romanse in. Daarom sal ek so ‘n boek wil skryf,” het Bianca Jardim gesê.

“My outobiografie se naam sal Drome wees, want ek het groot drome en doelwitte om te bereik.”

Sy het ook gesê die fliek oor haar lewe sal Canvas heet en Jennifer Lawrence sal die hoofrol vertolk.

Andelle Kotze.

Andelle Kotze het vertel sy wil graag ‘n boek met reisverhale skryf.

“My outobiografie se naam sal Vele Talente wees en die fliek se naam Mej. Kultuur. Gwyneth Paltrow sal my karakter vertolk.”

Paul Janse van Rensburg.

Paul Janse van Rensburg het verduidelik dat hy ‘n fiksheidsfanatikus is en graag ‘n boek oor fiksheid en oefening sou wou skryf.

“My outobiografie se titel sal Workout 101 wees en die fliek oor my lewe Practice Makes Perfect.

“Dwayne Johnson, The Rock, sal die hoofrol vertolk,” het hy gesê.

Mauritz Pretorius.

“My boek sal gaan oor die lewe en lewensreise en wat mense wil bereik. My fliek se naam sal wees: Boots On, Switch On, Game On en Mark Wahlberg sal my karakter vertolk,” het Mauritz Pretorius gesê.

Jarrod Kenmuir.

Jarrod Kenmuir het gesê hy droom daarvan om ‘n boek te skryf wat handel oor ‘n man wat sukkel en niks regkry nie en dan skielik dinge begin regkry.

“My outobiografie se naam sal Business Plan wees en my fliek sal heet: The Working Man met Liam Neeson in die hoofrol.”

Jasmine Botha.

Jasmine Botha het verduidelik sy wil graag ‘n boek met ‘n sielkundige tema skryf en haar outobiografie sou Extraordinaire heet.

“Jennifer Aniston moet die hoofrol in die film oor my lewe speel. Die fliek se naam sal The Novelist wees.”

Illanie Heystek.

Ilanie Heystek hou van moordverhale en het vertel sy sou graag ‘n boek oor moorde wil skryf.

“My outobiografie se naam sal Die Uitsondering wees en my fliek se naam, waarin Cameron Diaz die hoofrol speel, sal Running in Heals wees.”

Tristan Schwim.

“As ek ‘n boek sou skryf sou dit ‘n outobiografie wees met die naam Ek en My Dinge. Die fliek oor my lewe se naam sou wees The Incredible Life of Tristen Schwim en Rickie Fowler sal my karakter speel,” het Tristen Schwim gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version