Local NewsLocal sportNewsSport

Niks keer stoeiers

Vier stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het tydens die Renosterkop Boeredag op 4 Oktober gewys hulle is nie net knap op die stoeimat nie

POLOKWANE – Vier stoeiers van die Ion Baciu Stoei-akademie het tydens die Renosterkop Boeredag op 4 Oktober gewys hulle is nie net knap op die stoeimat nie, maar kan ook met gemak ‘n hindernisbaan aanpak.

Die span, geborg deur Tyre Rack Witklipstraat en bestaande uit Roedie Roets, Pierre Botha, Jaydee van der Merwe en Elbert Steyn, het na vier uitdunrondes deurgedring na die eindronde van die Renosterkop Hindernis-uitdaging.

Foto’s: Tyre Rack Witklipstraat

 

Die hindernisroete is oor 10km beslis en die deelnemers moes 15 hindernisse aanpak en oorkom.

Die Tyre Rack Witklipstraat-span het hierdie hindernisroete in ‘n blitstyd van 42 minute voltooi. Sodoende het hulle as algehele wenners van hierdie hindernisuitdaag-reeks uit die stryd getree en R20 000 se prysgeld in die sak gesteek.

Die span wat tweede geëindig het, se tyd was 46 minute, volgens Stefan Hattingh, eienaar van Tyre Rack Witklipstraat.

Volgens Hattingh was daar ‘n gaping van 15 mi-nute tussen spanne se wegspringtye.

Hy vertel dat die stoeiers se afrigter, Jan Roets, die organiseerders gemaan het om die Tyre Rack Witklipstraat-span tien minute langer moet terughou, want die kans was groot dat hulle die span wat voor hulle weggespring het sou inhaal.

Dié vier stoeiers het Roets se woord gestand gedoen en het inderdaad die span voor hulle met gemak ingehaal en net sowat ‘n minuut agter dié span geëindig.

Roets se stoeiers het die vinnigste tyd opgestel en die prysgeld onder hulle verdeel.

Related Articles

Back to top button