Local NewsNews

‘Junior natuurbewaarder’ staan nou agter sy naam

Hendrie Denner (16) se lewenslange droom om met diere te werk het 'n goeie hupstoot gekry nadat hy in die winterskoolvakansie as junior natuurbewaarder gekwalifiseer het.

MAKHADO – Hendrie Denner (16) se lewenslange droom om met diere te werk het ‘n goeie hupstoot gekry nadat hy in die winterskoolvakansie as junior natuurbewaarder gekwalifiseer het.

Hierdie leerder van Hoërskool Louis Trichardt het ‘n kursus by die Nasionale Dieretuin in Pretoria voltooi en is baie trots op sy kwalifikasie. “Ons het vir ‘n week lank klas gedraf en lesse bygewoon en daarna het ons die teorie wat ons geleer het prakties toegepas. Ons het elke dag begin deur die diere se kos in die dieretuin se kombuis voor te berei. Dit was baie interessant om te sien hoe elke dier ander voedingsbehoeftes het,” het Hendrie aan Review vertel.

Hy het verduidelik dat hy as kleuter al geweet het dat hy eendag met diere gaan werk.

“Ek wil na skool óf ‘n veearts óf ‘n professionele jagter word. Ek wil iets doen wat natuurbewaring sal bevorder. Ek is mal oor diere en versot op jag.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button