Gru-ongeluk eis 3

Frikkie (38) en Thea Roodt (39) is op slag dood en hul vyfjarige dogtertjie, Ina-Marie kort daarna in die hospitaal na 'n kop-aan-kop-botsing verlede Saterdagmiddag om 13:00.

MOKOPANE – ‘N NOODLOTTIGE ongeluk op die N1-noord naby die Hammanskraal-afrit het die lewe van drie inwoners van Mokopane geëis.

Frikkie (38) en Thea Roodt (39) is op slag dood en hul vyfjarige dogtertjie, Ina-Marie kort daarna in die hospitaal na ‘n kop-aan-kop-botsing verlede Saterdagmiddag om 13:00.

Die egpaar se eenjarige seun, Martin, is ernstig beseer, maar buite gevaar. Klein Martin, wat in die intensiewesorgeenheid van die George Mukhari Hospitaal in Pretoria is, het onder meer sy sleutelbeen, ‘n arm en ‘n been gebreek.

Hy het ook kop en gesigsbese-rings opgedoen. ‘n Familielid van die egpaar het aan Bosveld vertel die gesin was oppad na Pretoria om ‘n troue by te woon.

Die bestuurder van die ander motor, ‘n jong student van Pretoria, was oppad na haar ouers by Die Oog Vakansieoord toe haar motor se band gebars en sy voor die motor van die Roodt-gesin beland het.

Begrafnisreëlings is reeds getref, maar die datum nog nie bepaal nie, omdat dit nie seker is wanneer Martin ontslaan gaan word nie.

Die Roodt-egpaar en hul dogter sal saam op Mookgophong begrawe word.

Frik het by Limpopo Red Meat Traders gewerk en Thea in die slag-huis van Rump & Ocean by Fruit & Veg City. Beide ondernemings, sowel as Speelparadys Kleuterskool, waar die kinders was, het hul innige simpatie aan die familie oorgedra.

‘n Hartseer wolk het vandeesweek oor die ondernemings gehang waar personeellede dit eens was dat hulle hierdie gesin baie gaan mis.

Thea en Frik Roodt.
Ina-Marie (5).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version