Local NewsNews

Ivydale Shelter: Hawe vir mense sonder heenkome

Geleë op 'n kleinhoewe net buite die stad in Ivydale is 'n huis waar sowat 54 mense woon, die Ivydale Shelter. Aan die hoof van hierdie huis staan Meissa Horn.

Geleë op ‘n kleinhoewe net buite die stad in Ivydale is ‘n huis waar sowat 54 mense woon, die Ivydale Shelter.

Aan die hoof van hierdie huis staan Meissa Horn.

“Hier woon 24 kinders tussen vier maande en 16 jaar, vyf oumense tussen 65 en 76 jaar en 25 ander volwassenes. Slegs ‘n handjievol van hulle werk. Dit is net my man en twee seuns en twee ander inwoners wat werk,” vertel Meissa.

“Baie van die inwoners is gestrem en kry ongeskiktheidstoelae. Hulle dra finansieel by tot die huishouding, maar dis net ‘n druppel in die emmer. Die meeste van hulle geld word gebruik om hul skuld te delg.”

Die skuiling het ‘n maand gelede van perseel verander en Meissa vertel dat hulle die vorige perseel by die munisipaliteit gehuur het. Die munisipaliteit wil nou die gebied ontwikkel en HOP-huise bou.

“Die huur beloop nou R5 500 en sover het ons nog nie ‘n water- en elektrisiteitsre-kening gekry nie.

“Die munisipale beamptes het ons gewaarsku dat hierdie rekening tot R3 000 per maand kan beloop omdat hier so baie mense woon,” praat Meissa oor die skui-ling se finansiële verknorsing.

“Ons het die huis ingerig sodat daar vier kamers is en ons het ook ‘n tent, houthuise en sinkhuise waarin die mense kan bly.

“Ons het nie vreeslik baie reëls hier nie, maar een reël staan vas: daar mag geen drank en dwelms op die perseel wees nie.”

Meissa vertel dat sy elke dag die kinders na verskillende skole in die stad neem en weer moet gaan haal. Haar motor is kleine-rig en Meissa sê dit sal baie help indien iemand met ‘n groter motor of bakkie in hierdie opsig kan help.

“Ons kry min skenkings. Brenda Grebe, ‘n vrywilliger wat ons baie help en bystaan, help om skenkings te gaan haal en vir ons te bring.

“Ons wasmasjien het gebreek en ons vrieskas is op sy laaste bene. Ook hou ons breekgoed nie. As mense groot asseblief vir ons plastiekbordjies en bekertjies vir die kinders kan skenk sal dit gaaf wees.”

Brenda laai skenkings op by skenkers en verdeel die skenkings soos nodig.

Om skenkings te maak, kontak Brenda by 072 302 1180 of Meissa by 071 285 3783.

Related Articles

Back to top button