Amika sluit die jaar op ‘n hoë noot af

Hoërskool Pietersburg (PHS) se sêrgroep, Amika, het 'n baie suksesvolle jaar op 30 September afgesluit met hul jaar-eindkonsert

Hoërskool Pietersburg (PHS) se sêrgroep, Amika, het ‘n baie suksesvolle jaar op 30 September afgesluit met hul jaar-eindkonsert wat die gehoor in vervoering gehad het.

Die afsluitingskonsert is by die Evangelies Gereformeerde Kerk in Diemeerstraat aangebied en ouers, familie en vriende het duidelik elke oomblik van die konsert geniet met entoesiastiese applous as aanduiding van hulle waardering.

Die hoogtepunt van die aand was toe die lede van Amika PHS se skoolhoof, Willie Schoeman op die verhoog verwelkom het en een van sy eie komposisies saam met hom gesing het.

Die Amika-lede het elkeen wat hulle deur die jaar ondersteun en gehelp het bedank met geskenkies.

Amika-lede het ‘n spe-siale bedanking gerig aan hul afrigter, Madelaine van der Kevie, vir al haar harde werk, geduld en opoffering deur die jaar.

PHS se sêrgroep, Amika, open hul jaareindkonsert by die Evangelies Gereformeerde Kerk met ‘n Christelike lied op 30 September.
Exit mobile version