Geen kos in Shelter se koskaste

Ivydale Shelter moes onlangs van perseel verander en beleef skielik 'n geweldige tekort aan voedselprodukte omdat hulle 'n hele paar gereelde skenkers in die proses verloor het.

Ivydale Shelter moes onlangs van perseel verander en beleef skielik ‘n geweldige tekort aan voedselprodukte omdat hulle ‘n hele paar gereelde skenkers in die proses verloor het.

Hierdie toevlugsoord is steeds op die Ivydale kleinhoewes geleë, maar het na ‘n nuwe erf geskuif.

“Ons het altyd kos nodig, maar nadat ons getrek het, het ons ongeveer die helfte van ons skenkers verloor.

“Die mense bring nie meer vir ons kos nie,” sê Meissa Horn, huismoeder van Ivydale Shelter.

“Kos is tans ons grootste nood. Produkte soos groente, vleis en meel, maar ook skoonmaakmiddels, klere en toiletware word benodig.”

Daar woon 54 mense waarvan 24 kinders is en vyf senior burgers tussen by die Ivydale Shelter.

Slegs ‘n paar van die volwassenes het tans werk.

“Ons doen ‘n beroep op Polokwane se mense om die inwoners van Ivydal Shelter asseblieg te te help,” vra Meissa.

Kontak Meissa by 071 285 3783 vir meer inligting of om ‘n skenking te maak.

Exit mobile version