Local NewsNews

Broer en suster-span wys hoe viool gespeel word

Darien Scholtz en haar boetie, Wernich, is twee kranige vioolspelers.

Darien Scholtz en haar boetie, Wernich, is twee kranige vioolspelers.

“Ons familie is nie sport-fanatikusse nie en maak eerder musiek,” vertel Darien waar sy langs haar geliefde viool sit.

Darien en Wernich is beide in Hoërskool Pietersburg en het in September aan die Bosveld Kunstefees-musiekfees deelgeneem. Hier het Darien ‘n A+ en trofee verwerf en Wernich ‘n A.

“Die kinders het lank gelede lesse geneem, maar toe gaan hul onderwyseres weg. Hulle het vanjaar eers weer by Lynessa Grobler begin les neem,” vertel hul pa, Danie.

Darien vertel dat hulle hele familie musikaal is.

“My ma en pa speel beide klavier en my jonger boetie en sussie speel ook viool. My ma wou dat ons iets anders probeer as klavierspeel en ons het op die viool besluit.”

Wernich het verlede jaar alleen deelgeneem aan die Bosveld Kunstefees en is bly sy sussie kon hierdie jaar saam met hom deelneem.

“Daar is nie baie kinders wat viool speel nie,” vertel hy.

Vir Darien is vioolspeel eintlik moeiliker as klavierspeel en sy vertel die snare maak haar vingers seer.

“Vir my is klavier weer moei-liker, want op ‘n klavier speel jy twee verskillende deuntjies met verskillende hande op dieselfde tyd. Op die viool is dit net een deuntjie,” sê Wernich.

Hy sê dat hulle ten minste 30 minute ‘n dag oefen, maar dat hulle meer moet oefen.

“‘n Vriendelike onderwyser maak dit makliker en ons leer meer. Ons hou baie van Tannie Lynessa.”

Related Articles

Back to top button