CrimeNews

Huisgesin slagoffers van aanval in vroeë oggend

'N HUISGESIN van Akasia is Maandag in die vroeë oggendure in hul huis deur vyf gewapende rowers oorval terwyl hul geslaap het.

‘N HUISGESIN van Akasia is Maandag in die vroeë oggendure in hul huis deur vyf gewapende rowers oorval terwyl hul geslaap het.

Die rowers het omstreeks 03:00 toegang tot die gesin se erf verkry deur die bure se twee honde te vergiftig.

Daarna is die elektriese drade geknip. Die rowers het die diefwering voor ‘n venster aan die agterkant van die huis verwyder en is na die hoofslaapkamer.

‘n Getraumatiseerde familielid het vertel hoe die mans haar slaapkamer gestormlooop het en haar met ‘n wapen teen die kop gedreig het.

Sy en die res van die gesin is in ‘n badkamer in die huis toegesluit.

Die rowers het kontant, rekenaars en juwele gebuit voor hulle op vlug geslaan het.

Suricat veiligheidsdienste was kort daarna op die toneel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Related Articles

Back to top button