Local NewsNews

Opgekikkerde weergawe van ou gunsteling

TOYOTA het sowat R1,2 miljard belĂȘ, 1 000 nuwe onderdele ontwikkel en ongeveer 576 000 werksure aan die verfyning van die nuwe Yaris bestee.

TOYOTA het sowat R1,2 miljard belĂȘ, 1 000 nuwe onderdele ontwikkel en ongeveer 576 000 werksure aan die verfyning van die nuwe Yaris bestee.

Die gevolg is ‘n verfrissing binne en buite, gebruik van luukse materiale en tekstuur in die kajuit, sowel as ‘n magdom ander verbeterings onder sy dop wat die nuwe Yaris aansienlik meer begeerlik maak as die bestaande model.

“Uitdruklike, eietydse stilering met ‘n kenmerkende Europese geur en ‘n energieke nuwe houding,” is hoe Glenn Crompton, vise-president van bemarking by Toyota SA Motors, die hersiene Yaris beskou.

Die nuwe Yaris, wat met sy eiesoortige buitekant die rug op supermini-stereotipes keer, benut met skerp detail Toyota se nuwe voorkant-ontwerpbenadering ten beste.

Van die kant gesien, pronk die nuwe Yaris met ‘n nuwe deurgordel en deurspieĂ«lhulsels, terwyl sy kantaansig met 15-duim allooisierwiele as deel van die hele reeks se standaard toerusting afgerond word.

Die twee 2014-Yaris wat pas bekend gestel is, petrol- en die hibriedmodelle, het dieselfde algehele stilering, met net ‘n paar klein verskille wat die twee kragbronweergawes van mekaar onderskei.

Agt rompkleure is beskikbaar, wat die nuwe Avante-Garde-bronsmetaalvlokkieverf (net vir die petrol-modelle) en Pacific-blou-metaalverf insluit.

Lavarooi-metaalvlokkie- en pĂȘrelwitmetaalvlokkieverf is net vir die hibriedweergawe beskikbaar.

Die sitplekke pronk ook met ‘n nuwe beslag, ‘n nuwe patroon en nuwe kleure.

Die hibriedmodel word is as die vlagskipweergawe met leer- en doekstofbekleedsel uitgerus.

Die Yaris-hibried se kragbron gebruik ‘n viersilinder Atkinson-enjin van 1 497cc. DiĂ© enjin word gekenmerk deur ‘n verkoelde uitlaatgashersirkuleringstelsel, ‘n elektriese waterpomp, ‘n laewrywingketting, ‘n inlaatspruitstuk van ligte saamgestelde materiaal, en ‘n uiters kompakte uitlaatspruitstuk.

Die 1.3-Yaris met ‘n sesgang-handratkas is ingestel om die beste balans tussen verrigting en brandstofekonomie te bewerkstellig. Die topspoed is 175km/h en ‘n naelloop van 0-100km/h word in 11,7 sekondes kafgedraf.

Brandstofverbruik volgens Toyota is ‘n gemiddeld van 5,6 liter per 100km.

Hierdie enjin is ook met Toyota se Multidrive S-palwisseltransmissie beskikbaar.

Die een enjin van die drie wat die meeste munt uit die jongste verfynings geslaan het, is die driesilinder-petrolweergawe van 1,0 liter. Die enjin het ‘n paar belangrike veranderings ondergaan om sy verrigting te verbeter, uitlaatgasse te verminder en enjingeraas en -vibrasies te beperk.

Die driesilinder-enjin met ‘n vyfgang-handratkas is nie net goedkoop om te gebruik nie, maar dra ook ‘n goeie wringkragtige gevoel aan die bestuurder oor, wat geskik is vir stadsverkeer.

Die hele reeks pronk met meer toerusting regdeur as te vore. Dit is natuurlik buiten die gewone standaard-eienskappe soos:

‱ 15 duim allooisierwiele;

‱ Afstandbeheerde sentrale sluiting;

‱ Lugversorging;

‱ Elektriesverstelbare buite-truspieĂ«ls;

‱ Kragstuur;

‱ Dubbele lugsakke voor sowel as kantlugsakke;

‱ ABS sluitwerende remme;

‱ EBD elektroniese remkragverdeling, en

‱ BA noodremhulp.

Die 1.3 Multidrive S-weergawe is met ‘n leerbeklede stuurwiel en ratkierieknop afgerond.

Die groot nuus is egter die laer prys en nuwe toerusting vir die Yaris-hibried. Net een weergawe sal nou beskikbaar wees ten einde dié model aan klante se voorkeur te laat voldoen, en hy sal effens minder as die uitgaande XR-model kos.

DiĂ© model pronk met ‘n uitgebreide reeks toerusting sowel as die volgende buiten die standaard-toerusting van die 1.3 Multidrive S:

‱ Outomatiese klimaatbeheer;

‱ Kombinasie van leer en doestof vir die sitplekbekeeldsel;

‱ Trurat-kamera;

‱ Sewe lugsakke, wat ‘n knielugsak insluit;

‱ Klou- en stabiliteitsbeheer;

‱ Misligte voor;

‱ Ligdiode-dagligryligte, en

‱ eksklusiewe Hibried-kentekens.

Die nuwe Yaris het ‘n verbeterde weergawe van Toyota se raakskerm-klankstelsel. Dit behels ‘n nuwe hoĂ«r-resolusieskerm van sewe duim met vier keer meer skermdeeltjies as die oorspronklike stelsel. Dit sorg vir ‘n meer helder en skerper beeld wat ‘n dieper driedimensionele effek bied.

Die pakket sluit die volgende in:

‱ Bluetooth vir handvrye selfoonoproepe;

‱ Stuur en ontvangs van teksboodskappe;

‱ Trurat-kamera (net vir die hibried-model);

‱ Voertuiginligting soos die ritrekenaar, en

‱ klimaatbeheer-profiel.

Die stelsel bied ook die eenvoudinge verbinding van iPod- en MP3-spelers deur USB of Bluetooth, en waar moontlik sal dit ook die titel, kunstenaar en snitinligting vertoon.

Die klankstelsel kan ook op die skerm beheer word.

Prys, diensplan en waarborg:

‱ 1.0 – R167 900.

‱ 1.3 – R194 300.

‱ 1.3 Multidrive S – R206 500.

‱ Hibried – R276 900.

Die petrolmodelle het ‘n diensplan van drie jaar of 45 000km. Die hibried-weergawe het ‘n diensplan vir vier jaar of 60 000km.

Let asseblief daarop dat die hibriedmodel ‘n uitstekende by-komende waarborg van agt jaar of 195 000km vir die battery benewens die gewone Toyota-waarborg van drie jaar of 100 000km bied.

Related Articles

Back to top button