Local NewsNews

Maatskappy daag ander uit om net soos hulle in ysige water te stort

Met snorkels, duikbrille en strandballe het die personeel van Tracker Polokwane Vrydag die Ice Bucket Challenge met groot entoesiasme aanvaar.

Met snorkels, duikbrille en strandballe het die personeel van Tracker Polokwane Vrydag die Ice Bucket Challenge met groot entoesiasme aanvaar.

Hulle is genomineer deur hul hoofkantoor en het op hul beurt weer BB Auto (Karel van Niekerk), Volkswagen Polokwane, AMG (Imperial motors) en Maureen by BMW Polokwane genomineer.

Elke werknemer van Tracker het geld geskenk en een van hul kliënte, Reece Muligwe, het nie net geld geskenk vir die uitdaging nie, maar ook ‘n ekstra skenking gemaak sodat Charleen de Jager twee keer met yswater natgegooi moes word.

Die idee van die Ice Bucket Challenge is om geld te skenk vir navorsing oor motorneuronsiekte (MNS), die siekte waaraan bekende oud-rugbyspeler Joost van der Westhuizen ly.

Die uitdaging behels dat die persoon wat uitgedaag word óf ‘n donasie aan die Motorneuronsiekte Assosiasie maak, óf ‘n ys-koue emmer water oor sy kop kry. Tracker se personeel het gekies om beide te doen.

Die persoon wat die uitdaging aanvaar het 24 uur om iemand anders te nomineer om ook die ysbad te verduur of ‘n donasie te maak.

Related Articles

Back to top button