NewsSchools

Waarom moet ons nog bome plant?

Die eerste week van September is Boomplantweek, waartydens inwoners bewus gemaak word van die belangrikheid van bome.

Baie mense sal onthou dat hulle gedurende hul skooljare Boomplantdag gevier het deur ‘n boom te plant.

Die eerste week van September is Boomplantweek, waartydens inwoners bewus gemaak word van die belangrikheid van bome.

Review gesels met ‘n paar van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders oor Boomplantweek en waarom bome belangrik is.

Jaycey Pinn.
Jaycey Pinn.

“Ek weet soort van waaroor Boomplantweek gaan, maar is nie seker nie,” sê Jaycey Pinn.

“Ons vier die week want ons kort skadubome om ons huiswerk onder te doen en papiere om die huiswerk op te doen.

“As daar nie meer bome is nie, gaan ons nie meer suurstof hê nie. Ook plant ons bome sodat ons die natuur hier by ons kan beleef en nie na die Kruger Wildtuin hoef te gaan nie.”

Melissa Behrens.
Melissa Behrens.

Melissa Behrens sê Boomplantweek is ‘n week waarin bome geplant moet word. Sy sê ook dat bome nodig is om suurstof te maak.

Morné Claassen.
Morné Claassen.

Morné Claassen weet ook nie eintlik waaroor Boomplantweek gaan nie, maar hy dink dit gaan daaroor om die natuur skoon te hou.

“Sonder bome is daar geen suurstof nie en die mense en diere gaan daaronder ly.”

Amor van Jaarsveld.
Amor van Jaarsveld.

“Ek het nie ‘n idee waaroor Boomplantweek gaan nie, maar ek dink dit word gevier sodat daar meer bome kan wees om suurstof te maak. Sonder suurstof sal ons doodgaan,” vertel Amor van Jaarsveld.

Bernice Muller.
Bernice Muller.

Bernice Muller sê Boomplantweek is wanneer mense bome plant.

“Ons vier dit sodat daar genoeg bome vir menslike gebruik kan wees. Dit gee suurstof en daarsonder kan niks groei nie.”

Jarno Britz.
Jarno Britz.

Jarno Britz vertel Boomplantweek is wanneer bome geplant word om die wêreld ‘n beter plek te maak. Hy sê mense vier dié week ommdat hulle dankbaar is vir die suurstof wat bome verskaf.

Sumari du Plessis.
Sumari du Plessis.

Sumari du Plessis vertel Boomplantdag word gevier om die natuur te bevorder en ‘n beter toekoms vir ander mense te bied.

Johanita Cilliers.
Johanita Cilliers.

Johanita Cilliers sê sy weet nie waaroor Boomplantweek gaan nie, maar dat dit iets te doen het met bome wat geplant word vir ‘n goeie doel.

“Bome is nodig want dit voorkom gronderosie en verskaf suurstof en koelte.”

Allan Haw.
Allan Haw.

“Boomplantweek is ‘n week waarin ons bome plant sodat daar meer suurstof op die planeet kan wees,” vertel Allan Haw.

Prince Ronn Mulea.
Prince Ronn Mulea.

Prince Ronn Mulea voel dat Boomplantweek ‘n tyd is wanneer jy bome, kruie en ander plante plant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button