NewsSchools

Kaalvoet blommekinders vir ‘n aand

Leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé hou sokkie waar leerders soos kaalvoet blommekinders aangetrek

Leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het die einde van die kwartaal verlede Dinsdag gevier met ‘n sokkie waar leerders soos kaalvoet blommekinders aangetrek het.

Die fondse wat ingesamel is deur hierdie sokkie sal aangewend word vir die skool se Revue-fonds.

Die Tommies se Revue sal in Oktober by die skool plaasvind en groot opgewondenheid het by die dans geheers oor hierdie komende vertoning.

Kort rokkies, blommetjieshemde en lang swart hare was maar van die klerekasitems wat gebruik is om die leerders in vrolike blommekinders te omskep.

“Dit is lekker om soms anders aan te trek. Die sokkie is baie lekker,” het Dioné Cilliers aan Review gesê.

 

Related Articles

Back to top button