Stad se besighede stort in yswater

Regoor die wêreld neem mense deel aan die Ice Bucket Challenge, 'n bewusmaking- en fondsinsamelingsprojek vir Motorneuronsiekte (MND).

Regoor die wêreld neem mense deel aan die Ice Bucket Challenge, ‘n bewusmaking- en fondsinsamelingsprojek vir Motorneuronsiekte (MND).

Die uitdaging behels dat die persoon wat uitgedaag word óf ‘n donasie aan die Motorneuronsiekte Assosiasie maak, óf ‘n ys-koue ‘n emmer water oor sy kop kry. Sommige mense kies om beide te doen.

Die persoon wat die uitdaging aanvaar het 24 uur om iemand anders te nomineer om ook die ysbad te verduur of ‘n donasie te maak.

Dinsdag het personeel van Vleislapa Welgelegen, Maxidor Polokwane, Property for You en Cara Mia Haarsalon die uitdaging aanvaar.

Property for You het al die ander besighede uitgedaag om deel te neem. Vleislapa het Vleislapa Marshallstraat uitgedaag, Maxidor het die res van Suid-Afrika se Maxidor-takke uitgedaag en Cara Mia Haarsalon het BodyLife Gym in Magazynstraat, veral vir Jaco Benade, uitgedaag.

“Joost, dit is vir jou. Vir lank was jy ons hero,” het Dirk van Niekerk, van Property for You, gesê. Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-rugbykaptein, ly aan motorneuronsiekte.

Louisa de Kock van Maxidor was een van die deelnemers.

“Die water is koud, maar die gevoel wat jy voel as daardie koue water oor jou kop en nek vloei is glo dieselfde gevoel wat ‘n persoon met motorneuron-siekte voel. Ons voel vir ‘n paar minute hoe hulle voel,” het sy gesê.

Exit mobile version