Local NewsNews

‘n Skenker vir Calie vanuit Duitsland

Calie se naam is op die beenmurgregister geplaas en familielede is getoets in die soeke na 'n geskikte skenker vir hom, nou is daar 'n skenker beskikbaar

Calie van der Walt, oud-onderwyser van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, is in April 2012 gediagnoseer met mielodisplastiese sindroom (MDS). Dit is ‘n siekte wat geassosieer word met die verlaagde produksie van bloedselle. Die beenmurg funksioneer nie meer soos dit moet nie en pasiënte ontwikkel ernstige bloedarmoede, ‘n voorloper van leukemie.

Calie se naam is op die beenmurgregister geplaas en familielede is getoets in die soeke na ‘n geskikte skenker vir hom, maar sonder enige positiewe resultate.

Nou is daar ‘n skenker beskikbaar vir Calie.

“Na twee en ‘n half jaar se soek het ons ‘n geskikte skenker in Duits-land gevind,” vertel André van der Walt, Calie se seun.

“In die eerste paar dae in September het my pa verskeie bloedtoetse, sonars, skanderings en long- en hartfunksietoetse ondergaan.”

Volgens André is Calie op 8 September in die Netcare Pretoria-Oos Hospitaal opgeneem vir 10 dae om chemoterapie en ander behandeling te ontvang.

Op 18 September is stamselle, van Duitsland af ingevlieg en, oorgeplant.

Volgens André moet Calie na die oorplanting vir ‘n verdere drie tot vier weke in Pretoria in die hospitaal bly en daarna vir nog drie maande in Pretoria vir behandeling en observasie.

“My pa sal een maal ‘n week bloedoortappings kry om verwerping teen te werk asook vir beenmurgbiopsies en bloedtoetse om die groei van die stamselle te monitor.”

Related Articles

Back to top button