Editor's choiceLocal NewsNews

Braai só soos die koning

Met die hele land wat gons oor braai en wat om te braai op Nasionale Braaidag het Review gaan soek vir 'n braairesep wat jou vriende en familie sal beïndruk.

Met die hele land wat gons oor braai en wat om te braai op Nasionale Braaidag het Review gaan soek vir ‘n braairesep wat jou vriende en familie sal beïndruk.

Dirk Liebenberg, een van Polokwane se top braaiers en naaswenner van Bring en Braai in 2013 en 2014, het een van sy gunsteling gourmet braairesepte met Review gedeel.

Die resultaat, 'n geurige gebraaide gourmet varknekrol.
Die resultaat, ‘n geurige gebraaide gourmet varknekrol.
Dirk Liebenberg demonstreer hoe om die varknek, gevul met spinasie en wortels, te rol voor dit gebind en gebraai word.
Dirk Liebenberg demonstreer hoe om die varknek, gevul met spinasie en wortels, te rol voor dit gebind en gebraai word.

Gourmet varknekrol:

Eerstens steek solank die vuur aan in ‘n Weber en plaas 25-30 houtskoolbrikette in elke kant van die Weber.

Benodighede:

1. Heel varknek, gefillet (vra vir jou slagter om te help as jy nie self kan nie);

2. Twee wortels;

3. Babaspinasieblare;

4. 500g botter;

5. Een pakkie (62g) heuning en mostert cook in sauce;

6. Twee opgehoopte teelepels heelkorrelmostert, en

7. tou om die varknek te rol.

Metode:

• Meng botter, heuning en mostert cook in sauce, heelkorrelmostert goed saam om geurige smeer te maak.

• Plaas die varknekfillet op ‘n houtbord en smeer dan ¾ van die heuning en mostert-mengsel op die varknek se oppervlak.

• Plaas spinasie egalig oor die mengsel en plaas die geelwortels aan die kant van die vleis.

• Rol dan die varknek stewig op sodat die wortels in die middel van die rol is. Knoop toe met die tou sodat die rol sy vorm behou. Droog die opgerolde varknek af met ‘n papierhandoek sodat daar geen vogtigheid op die vleis is nie. Smeer van die oortollige heuning en mostert mengsel op die varknekrol.

• Plaas in die Weber vir een uur sonder om te draai.

• Na een uur smeer die laaste bietjie van die heuning en mostert mengsel op die varknekrol en braai vir nog 20 minute.

• Verwyder die rol van die kole en laat die vleis rus vir 20 minute.

• Sny dan die tou van die rol af en sny verigtig die rol in skywe (ongeveer 2,5cm).

• Sit voor met ‘n groenslaai en geurige rys wat opgekikker kan word met gekapte en gebraaide sampioene, uie, ontbytspek en kleurvolle pepers.

Vir die beste resultaat braai die bestandele apart en meng met die rys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button