EntertainmentLifestyleNewsSchools

Triegies-toneel wen met Harnas

Die Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep is die wenners van die ATKV Gauteng-Suidstreek se tienertoneelstreeksfees met hul toneelstuk, Harnas, 'n stuk wat handel oor die grootliks-onaangeraakte onderwerp van mensehandel.

MAKHADO – Die Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep is die wenners van die ATKV Gauteng-Suidstreek se tienertoneelstreeksfees met hul toneelstuk, Harnas, ‘n stuk wat handel oor die grootliks-onaangeraakte onderwerp van mensehandel.

Die Harnas-toneelgroep was een van 10 landswye streekwenners nadat hulle van 18 tot 22 Augustus in die Springs Stadsteater aan dié kompetisie deelgeneem het. Hoërskool Wilgerivier van Frankfort was tweede met Ontspan en Hoërskool Sasolburg was derde met Die Wag Op…

Die Triegies se toneelgroep het goue medaljes vir regie, stelbou, kostuums, grimering, beligting, die klankbaan, klankversorging, verhoogbestuur en ensemble-spel gewen.

Hulle het ook silwer medaljes vir hul teks gewen en Marietjie Leonard, wat die hoofkarakter Meraai vertolk het, Ndodzo Mawela wat Mnr. Medupe ‘n staatsamptenaar was, en Amica Theunissen, wat Meraai se sussie Monna was, het ook silwer medaljes gewen.

Regisseur en skrywer van Harnas, Marcel van Niekerk, het vertel hoekom hy op die tema van die brutaliteit van mensehandel besluit het.

“Ons woon naby Musina en Beitbrug waar bewusmaking van mensehandel ‘n aktuele onderwerp is. Ek het verlede jaar begin met navorsing oor die onderwerp en was geskok om te besef dat daar wêreldwyd 27 miljoen slawe is, waarvan 13 miljoen kinders is. Daarom het ons mensehandel in die drama met simboliek en fisieke tea-ter uitgebeeld, sê Marcel.

Harnas is ook genooi na die kompetisie-finale tydens die Clover Aardklop Kunstefees van 7 tot 11 Oktober.

Marcel het verduidelik dat persone wat belangstel om kaartjies te koop dit kan doen by Computicket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button