Local NewsNews

Goseame sorg vir Bernadine se blomme

Wat is 'n troue sonder mooi blomme? Blomme in die kerk, blomme by die onthaal en blomme wat die bruid en haar strooi- en blommemeisie dra.

POLOKWANE – Wat is ‘n troue sonder mooi blomme? Blomme in die kerk, blomme by die onthaal en blomme wat die bruid en haar strooi- en blommemeisie dra.

Goseame Flower Market sorg vir hierdie belangrike deel van Bernadine Hugo se troue op 30 Augustus.

“Kankerpasiënte lê my na aan die hart en ek wil graag terug gee aan die gemeenskap,” vertel Tony Vilar, bestuurder van Goseame.

Goseame verskaf al die ruikers vir die troue wat insluit die bruidsruiker, blommemeisieruiker en skouerruikers vir die gaste.

Goseame Flower Market het sy deure op 1 Desember 1999 vir die publiek oopgemaak en het sedertdien ‘n huishoudelike naam vir inwoners van Polokwane geword. Die blommemark voorsien blomme vir ‘n verskeidenheid geleenthede soos troues, verjaarsdae, jaar-eind funksies en ander spesiale geleenthede maak nie saak hoe groot of klein.

Die Goseame Flower Market is welbekend onder verskaffers en dit maak dit moontlik om produkte te kry wat andersins moeilik sou wees om te verkry. Die blommemark bied ‘n wye reeks produkte soos glasware, pottebakkery-items, mandjies, strikke, servette en ander benodighede. Ook maak hulle biltongruikers en vrugtemandjies.

“Ons ondersteun plaaslike verskaffers en ontvang vars voorraad op ‘n daaglikse basis om te verseker dat klante net die beste kry,” vertel Tony.

Produkte wat nie plaaslik gekoop kan word nie, word aangekoop van die Pretoria Blommemark of selfs sover soos die Johannesburgse Blommemark.

Thabitha Mabulane, bestuurder by die blommemark vertel hulle kry die meeste van hulle blomme van Kromdraai en Flowerzone.

“Ons wens net die beste vir Bernadine en Gert toe,” sê Tony.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button