EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Prentjiemooi dekor van Sugar ‘n Spice

Op Bernadine Hugo se troudag op 30 Augustus, gaan Sugar ‘n Spice Function & Décor hierdie besonderse taak tot perfeksie uitvoer, presies na Bernadine en haar verloofde, Gert du Preez, se voorkeure.

GROOT DROOM, GROOT NUUS: Bernadine Hugo het ‘n besondere veggees. En ‘n groot droom. Haar storie is een van hoop. Daar is talle mense soos Bernadine in die stad. Review reik jaarliks uit na die gemeenskap en vanjaar, met die hulp van ‘n paar groot borge, gee Review vir Bernadine en haar verloofde, Gert du Preez, ‘n ongelooflike geskenk: ‘n Troue. Hierdie is jou uitnodiging: kom saam op hierdie reis, en word geïnspireer.

POLOKWANE – Stylvol. Persoonlik. Uniek. Of jy nou glas, kristal of klippies verkies, elke troue se dekor vertel ‘n spesiale storie oor die opwindende eerste hoofstuk van die voornemende troupaartjie.
Op Bernadine Hugo se troudag op 30 Augustus, gaan Sugar ‘n Spice Function & Décor hierdie besonderse taak tot perfeksie uitvoer, presies na Bernadine en haar verloofde, Gert du Preez, se voorkeure.
Die eienaar van Sugar ‘n Spice, Cornél Vermaak, is al die afgelope 10 jaar ‘n bekende funksiekoördineerder in die stad vir wie die terme “paisley”, “gingham” en “tartan” sonder moeite van die tong afrol.
Bernadine en Gert se troue is vir haar ‘n ekstra-spesiale geleentheid.
“Die Bernadine-troue is nie net nog ‘n funksie nie. Dit lê my baie na aan die hart. Nadat Review my gekontak het, het ek weer besef hoe kosbaar elke oomblik is.
“‘n Mens moet elke dag voluit leef, asof dit jou laaste dag is”.
As hoofdekorborg borrel sy oor van inspirasie en idees vir dié troue.
“Sugar ‘n Spice is geïnspireerd om elke unieke idee met asemrowende effek te laat lewe kry.”
“Vir Bernadine se groot dag gaan ons haar gaste se tafels inkleur met silwer, aqua en spierwit en met kristal afrond. Gert en Bernadine se tafel hou ons as ‘n spesia-le verrassing, maar daar sal beslis vloerkandelare, kerse en kristal wees.”
Bernadine was baie opwonde toe dit by die uitsoek van haar dekor verlede week kom. “Hulle het mooi goed en dit is presies waarna ek op soek is.”
“Ons is almal saam met haar opgewonde en stap die paadjie graag saam met haar,” het Cornél gesê.
Sugar ‘n Spice Function & Décor is reeds ‘n dekade lank al ‘n prominente rolspeler in die Polokwane funksiedekorlandskap.
“Ons koördineer verskeie komponente om elke troue en spesiale geleentheid se primêre ontwerpe konstant te vertoon van begin tot einde.”
“Elke funksie wat ons hanteer, groot of klein, is   spesiaal en uniek. Ons streef daarna om dit ‘n onvergeetlike oomblik te maak,” het Cornél vertel.
• Sugar ‘n Spice Function & Décor spesialiseer in die koördinering van geleenthede, verhuring van dekor vir funksies, en die koördinering van spyseniering en drapering. Eksklusiewe items sluit in ‘n verskeidenheid linne soos tafeldoeke, tafeloorlegsels, drapeersel, liggies, stoelstrikke, sierborde, eetgery, breekware, glasvase, kandelare, tafelstaanders, lanterns, spieëls, tapyte en ‘n groot verskeidenheid kleiner temaspesifieke items om enige funksie perfek mee af te rond.
Skakel vir Cornél Vermaak van Sugar ‘n Spice Function & Décor by 072 458 4536 vir die volgende funksie wat jy graag mooier as mooi wil laat lyk. Of besoek hul webwerf by www.sugar-n-spice.co.za. Dit sal jou mooiste funksie ooit wees.

Related Articles

Back to top button